Einde Van Die Wêreld - Single

by Helmut Meijer and Lukas de Beer

/

about

EINDE VAN DIE WÊRELD

16-bit, 44.1 kHz .WAV

In 2018 is ons genader om musiek te skryf vir 'n film-projek wat toe later laat vaar is. Die temalied vir hierdie fliek was egterreeds gefinaliseer, enisiets waarop ons trots is.

Die apokaliptiese rock-gedrewe lied is eintlik 'n metafoor van self-ontdekking. Dit voel soms of die wêeld tot 'n einde kom in hierdie proses, maar dis kernbelangrik dat dit moet gebeur.
Beide Helmut en Lukas sing op hierdie snit en wissel af tussen leidende melodie en harmonië - luister ook vir Helmut op klawers en dromme, Lukas op baskitaar en maestro Sven Blumer op kitare. Die meester is gemaak by Abbey Road Studios in London, Engeland deur Geoff Pesche - ook befaamd vir sy werk saam met mense soos Madonna, Cold Play, Kylie Minogue en ander.

lyrics

Einde Van Die Wêreld
Lukas de Beer © 2018

Sien die laaste
Van die strale van die son wat nou sak
Sien die horison vir oulaas in rooi
Sien die strale wat jou nooi

Nooi na die donker
Na die duisternis - die nag is nog lank
En ek soek iemand wat my vrese kan kalmeer
Want dit raak net alhoe meer

Wat sal gebeur as die wêreld omkeer
As die middel ontketen en die senter gee mee
Die atome word verdeel...

Dis die einde van die wêreld
Dit was goed om jou te ken
Dis die einde van die wêreld
Wens ek kon die tyd terugwen
Dis die einde van ‘n era
Al sou ek wou aanhou leweIs die kern van my lewe daarmee heen
Dis die einde van die wêreld

Sien die wolk
Wat vir kilometers rys oor die stad
Sien geboue wat vergaan in die wind
Sien dit hittegloed wat lewe verslind

Sien die laaste
Van my ego wat verdwyn in die niet
Deur die vlamme maak jou liefde my weer nuut
In my dood vind ek my lewe

Ooh...jy disintegreer my
Ooh...jou liefde verteer my

credits

released February 1, 2020
Musiek & Lirieke: Lukas de Beer © 2018

Vervaardig deur Helmut Meijer & Lukas de Beer

Uitgewer: StoneBear & Mayor Records, Stellenbosch

license

all rights reserved

tags

about

StoneBear & Mayor Records Stellenbosch, South Africa

StoneBear & Mayor Music is a collaboration between Award-Winning Producers / Composers Helmut Meijer & Lukas de Beer, with a combined experience of more than 4 decades of music creation.

contact / help

Contact StoneBear & Mayor Records

Streaming and
Download help

Report this track or account